Uit " Die Bar op de Aar " deur ANDRÉ LE TOIT [boodskap #64138] |
So, 23 Junie 2002 00:03 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar)
André le Toit
Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat
Daar's pinball-games diep in jou oë
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry
Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.
|
|
|
Re: Uit " Die Bar op de Aar " deur ANDRÉ LE TOIT [boodskap #64156 is 'n antwoord op boodskap #64138] |
So, 23 Junie 2002 11:50 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir die wat dit dalk nie weet nie, André le Toit is een van die
name waaronder Koos Kombuis skryf. Hy skryf deesdae as
Koos A Kombuis, maar is gebore as André le Roux du Toit.
Hy het nog altyd 'n heel besondere manier met woorde gehad.
Wouter
skryf in boodskap news:3D1510B7.4000003@rogers.com...
WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar)
André le Toit
Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat
Daar's pinball-games diep in jou oë
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry
Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.
|
|
|